Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Die Lang Pad" deur ANNE MARIE CONRADIE
"Die Lang Pad" deur ANNE MARIE CONRADIE [boodskap #12755] Sa, 21 Februarie 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
DIE LANG PAD
Anne Maria Conradie

Om te onthou
vra stilte
vol afwagting
en peinsing
oor die dinge van die verlede
'n sekelmaan
wat bloed braak
oor die pyn van die hede

Om by die verlede te kom:
tonnel in die dinge van halfpad onthou
slinger blindelings kaalvoet
op die kronkelpaaie van die vergete
die môrester
sal oorwinning behaal
oor die hel van die gewete

(Concept - Januarie 1998)
Vorige onderwerp: "Delwer" deur E.W.S. HAMOND
Volgende onderwerp: Uit "Raka" deur N.P. VAN WYK LOUW
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 12:48:55 MGT 2024